• Upington Landbou Expo is vir die BOER!
  • Upington Landbou Expo is vir JONK en OUD!
  • Upington Landbou Expo is vir die GEWAAGDES!

Upington Landbou Expo 31 Mei - 2 Junie 2018

Upington Landbou Expo vind plaas te Upington Skougronde vanaf Donderdag, 31 Mei tot Saterdag, 2 Junie 2018.
Besoek ook ons Facebook-blad vir nuutste inligting.

Hoogtepunte

  • Gemsbok Skoukoningin Kroning 2018

    Donderdag, 31 Mei 2018

    Die Gemsbok Skoukoningin word tydens 'n skouspelagtige vertoning gekroon waartydens Elandre Schwartz gaan optree.

  • Kunstenaars

    Donderdag tot Saterdag

    Van die land se top kunstenaars tree elke jaar tydens die Expo op.

  • Landbou praatjies, veilings en aktiwiteite

    Donderdag tot Saterdag

    Kom luister na landbou sprekers, woon kleinvee- en beesveilings by en besoek die plaaswerf.

  • HWA Pro-Wrestling

    Vrydag, 1 Junie

    HWA se professionele rofstoeiers is internasionaal bekend en sal sorg vir goeie vermaak.