Skoukoningin 2022

Upington Skoukoningin 2023

Donderdag, 04 Mei 2023

Drie plaaslike dames word tydens hierdie skouspelagtige geleentheid gekroon, waartydens 'n top gaskunstenaar vir die vermaak gaan sorg.

Skakel die Expo of die Gemsbok kantore vir meer inligting of laai die Inskrywingsvorm hier af.

TERME EN VOORWAARDES
♦ Prysgeld, asook ander pryse, is op die spel.
♦ Slegs dames tussen die ouderdom van 17 en 23 mag deelneem.
♦ Geen dames wat voorheen getroud was of tans is of kinders het mag deelneem nie.
♦ Deelnemers moet in besit wees van'n geldige Suid-Afrikaanse ID-dokument of paspoort.
♦ Die wenner moet oor die tydperk van 12 maande vir Intercape Mainliner promosie doeleindes beskikbaar wees.
♦ Dames wat inskryf mag geen kriminele rekord hê nie.
♦ Dames wat inskryf, moet die reëls verstaan en die besluite van die beoordelaars aanvaar.
♦ Finaliste moet aan voorafgaande aktiwiteite deelneem.
♦ Die deelnemers moet hulself weerhou van kommentaar op sosiale media.
♦ Die versuim hiervan sal onmiddellike diskwalifikasie tot gevolg hê.
♦ Inskrywings kan by die skou se kantore gedoen word of aanlyn op hul webblad.
♦ Geen direkte familielede van die Borge, Verskaffers wat met die kroning geassosieer word mag deelneem nie.
♦ Geen borge of verskaffers wat met die kroning gessosieer word, mag deelneem nie.
♦ Inskrywings sluit om 14:00 op Dinsdag, 28 Februarie 2023.
♦ Die wenner word op Donderdag, 04 Mei 2023 tydens die Upington Landbou Expo bekend gemaak.